Kyk, ek het nou vir lank genoeg my poze probeer hou oor die aangeleentheid, maar ek kan nie meer nie. As blanke, Afrikaansprekende vrou in die land, KAN EK NIE MEER NIE!!!!Die fok weet, daar is nou carte blanche om als so vinnig moontlik moer toe te wanbestuur!
Wat gaan aan? ‘n Verkaragter en krimineel gaan die leierskap van die ANC oorneem???? En dit voorspel die leierskap van die land! Nee, dôner – hoeveel gaan ons nog toelaat? Komaan, ons voorouers het betaal met lewens, met bloed vir hulle plekkie in die son en nou praat ek nie van politici wat stelsels gebruik het om hulself te versterk nie – ek praat van gewone mense – ons ver ouma en oupagrootjies wat hulle gatte af gewerk het en kinders en ouers verloor het. En dit terwyl hulle besig was om ‘n bydrae te maak tot die land se ekonomie??? Hulle het maar ook net probeer om ‘n regverdige bestaan te maak. En waarvoor? Vir als om deur ‘n piesangrepubliek in die gutters in gery te word? Wat de fok, mense????
Kyk net na kospryse, petrolpryse – dis ‘n sirkus – dit voel vir my asof ons regering in kompetisie met Mugabe is om te sien hoe vinnig hulle ‘n land kan vernietig. Die enigste verskil – daar is nêrens meer om te gaan vir vlugtelinge nie – die see in en dit nie net vir Blankes nie – vir almal!!!!
As inwoner en burger van die land wil en kan ek nie meer ‘n blinde oog vir seker goed gooi nie. En dis nie dat ek diskrimineer nie, maar affirmative action is oral aan die orde van die dag – veral in die regering – imbisiele wat in posisies gestel word en hulle het nie ‘n katse clue wat aangaan nie! _SCARY!!!!!! Sorry as ek ‘n ding by naam noem – dis ‘n gemors en enige iemand wat met my wil stry, is welkom.
Ek is moedeloos, mense, moedeloos. Gaan lees bietjie The Covenant van James Mitchener. Gaan lees oor die geskiedenis van die land en ons rol daarin en dan sien jy hoe ons besig is om als sonder enige teëwoord of aksie net so te aanvaar. Wat het geword van die mens waarvan Winston Churchill van gesê het: Give me a Boer and I will fight a War. Miskien het ons net te gemaklik geraak – daar is alternatiewe – maar wat van die vir wie daar nie alternatiewe soos Engeland, Amerika en Australië is nie, gaan ons maar net hopleoos sit en toekyk hoe als vernietig word? Wat beteken demokrasie dan? Die punt is, ons het die reg tot voortbestaan in die land. Ons het dit verdien – dit het nie in ons generasie se skote geval nie!
Maak nie ‘n fout nie – ek het baie simpatie met die massas mense wat in armoede leef, my probleem is met die regering wat dink dat om in ‘n magsposisie te wees, jou die reg gee om te steel, te bedrieg, te lieg, te verkrag, te moor EN om daarmee weg te kom! Dit is vir my onaanvaarbaar .

Dit voel of mens in ‘n wasmasjien is…om en om en om en om…
Elke paar maande voel ek ook so, dan wonder ek wat kan mens doen? Dan sit ek by die vergaderings en die byeenkomste en ek hoor niks. Dan maar weer kop in die sand druk en wag vir die volgende rondte.
Wat’s die plan?
Ek het ‘n probleem met die massas wat onwettig meer en meer word, en dis maar net okay.
Ek het ‘n probleem met my fkn krag wat 2 keer per dag vir 2 ure per slag, afgeskakel word, terwyl die plakkers teen die bult se gesteelde krag NIE AFGESKAKEL WORD NIE.
Ek het ‘n probleem met die invloed van Televisie op die WIT AFRIKAANS SPREKENDE. TV maak ons dom, lui, gee ons tonnelvisie, maak ons skaam voel oor wat ons is, en wat ons en ons voorouers vermag het, indoktroneer ons om ‘n ’sorry dat ek lewe’ houding te he, verhoed ons om op te staan en met trots te leef, hou ons gevange in ons eie huise, en besoedel ons brein.
Ek het ‘n probleem met Playstation, X Box en computer games. Waar klein kinders oopbek sit voor ‘n skerm en met ‘n geweer in die hand, doodmaak om die beste te wees. Te vernietig om deur te kom. Te beskadig om verder te vorder.
Ek het ‘n probleem met die onbevoegde regering van Suid-Afrika. Wat daarop uit is om alles wat deur die witman tot stand gebring is, in sy moer in te vernietig.
Ek het ‘n groot probleem…is daar iemand wat kan lig werp op my noodkrete?
Ek hoor jou. Dit is tyd dat die gewone man in die straat wat die wette gehoorsaam, belasting betaal en bydra tot hierdie land se ekonomie van sy banggat afklim en ‘n stand maak. Weier om belasting te betaal. As ons dit almal doen, wat kan die regering doen? Ons almal in die tronk stop? Ons laat so baie toe en hoe meer ons toelaat hoe makliker word dit vir die regering om maar net op dieselfde trant aan te gaan. Ek meen, waar het jy gehoor van daaglikse kragonderbrekings EN dan moet ons ESKOM nog meer betaal? Waar het jy gehoor van moord wat ‘n alledaagse verskynsel op elke koerant se voorblad is. Dit is absurd. En ons raak al hoe meer en meer afgestomp, aanvaar als soos ‘n trop skape en hoop vir die beste. Nee, mense – ek se weer – hierdie land behoort aan ons ook – ons het net soveel reg daarop as enige swart boorling. Dit is tyd dat ons ons eienaarskap verantwoordelik bestuur.
Mense, mense,mense.
Hoe vinniger julle besef dat julle nie kinders van Afrika is nie.Hoe beter…. Voor ouers, ja, baie opofferings is gemaak en die meeste is al vergeet en het deel geword van die boed bevlekte rooigrond. Dus,met alle respek, leer uit die verlede, pak jul sakke….laai die ossewa en doen wat almal se voorvaders gedoen het….. Waneer die kak die Fan “strike”, maak soos beeskak en val in die pad. Daar is baie groener weivelde.
Onthou, as ons eie mense gedink het oor die verlede sou hulle anders gereageer het oor ons toekoms….Ons kultuur is wegevreet en deel van die Afrika mentaliteit “net ek en myself” Meeste blankes in SA teer op ander en is net so korrup soos enige bogenoemde.
Opvoeding is die enigste hoop en alle rasse en groepe is in daardie opsig ewe diep in die kak, en dit alles omdat n klomp idiote in the Afrikaanse kultuur met nasionalistiese neigings dit wettig gemaak het vir mense om te dink dat hulle is beter as ander? die massas onopgevoed is niks betaal vir hulle hardewerk in ons myne nie, terwyl n klein groepie wit “Afrikaners” n wansinnige bedrag geld gemmaak vir so lank as moontelik.wit middel klas en swart onderklas is ewe ingedoen en gebom met propeganda die laaste 40jaar…
Se moer daarmee, besef dat julle ouers deer ander blankes ingedoen is en dat niemand beter is as n ander nie. En wanneer n swart tiener n man doodkskied…..dink vir jouself,maak jy n verskil….jou ma en jou pa het jou gemoer toe jy klein was en vinnig het jy besef wat reg en verkeerd is. Hoeveel klein swart kinders word sonder ouers in rioole groot waar hulle nie gemoer en geleer word nie, waar die straat jou bed is en agressie jou skuld.HIV is ook jou probleem al het jy dit nie.
Moet nie kla omdat julle kinders voor n tv lewe met gaming consoles nie, julle het dit dan gekoop, prys van xbox in Suid Afrika?
Almal se bloed is rooi.
Dankie vir die bietsgeleentheid.
ons almal moan en teem en teef…en bitch…MAAR doen NIKS aan die situasie nie…so parras in ‘n pot kookwater
As jy nie kan vrede maak met waar jy is nie, dan sal dit baie stadig gaan vir jou onvervulde begeertes om vervul te word, want die angs wat jy voel oor dinge wat gebeur of dinge wat nie gebeur nie is ‘n indikasie van ‘n vibrasie wat dit weghou van jou.
So, wanneer jy siek is en jy wil gesond wees, en jy is al vir ‘n lang tyd siek en dit lyk nie of dit beter gaan word nie, en as jy gediagnoseer is dat dit heelwaarskynlik nie beter gaan word nie, dan, in plaas van om hoopvol te voel , voel jy angstig—is dit moeilik vir vebetering om te gebeur. Die feit is, dit kannie gebeur onder hierdie omstandighede nie.
Dieselfde is waar as ons ons bekommer oor “wat in ons land aangaan”. Hoe méér klem daarop gelê word, en hoe meer die saak negatief gedebateer word, hoe erger sal dinge word. Ek sê gladnie ons moet soos volstruise wees en maak asof dit die gebeur nie – wat ek wél sê is dat die aanhoudende aandag gee aan die saak is wat die vibrasie veroorsaak wat die saak in die eerste plek veroorsaak het. Oorlog veroorsaak nog meer oorlog, denke aan armoede veroorsaak nog meer armoede, et al.
Laat ons ophou om alles te probeer ”reg” maak – niks is gebreek nie en als is soos dit moet wees. En moenie jouself oor ander bekommer nie – jy bekommer jouself meer as hulle … Daar is mense besig met oorlog; hulle is op die slagveld en hulle voel meer springlewendig as ooit tevore in hul lewe! Moenie mense van die lewe probeer beskerm nie; gun hulle hul eie ondervinding terwyl jy fokus op JOU eie ervarings. Kies dít wat vir jou goed voel en hou daarby solank dit jou plesier en genot verskaf. Daardeur sal jy jouself in lyn bring met jou Bronenergie en ‘n manjefieke ervaring beleef.
Die vibrasionele verskil tussen die gevoel van hoop en angs is die verskil tussen gesond word of siek bly. Dis die verskil van om aan hierdie kondisie te kleef of dit te laat gaan.
Dieselfde gaan vir jou finansiële status – hoe minder geld jy het en hoe meer rekeninge jy kry, hoe meer angstig word jy. So, dit is die realiteit van wat-is; dit is die aksie-reis waarop jy is. So jou reis kan een wees van vrees of jou reis kan een wees van hoop.
En die verskil tussen angs en vrees is die verskil tussen dinge wat beter gaan of nie.
Maak vrede met waar ookal jy is. En hier is die belangrike deel: Wanneer jy wanhoop voel, of enigiets wat nie goed voel nie, en jy reik vir ‘n gedagte wat beter voel, wat saam met dit kom is ‘n bewustelike gewaarwording dat jy tog ‘n mate van beheer oor jou lewe het.
En vriende, ek kannie genoeg beklemtoon die belangrikheid van die rol wat bewustelike gewaarwording speel in die feit dat jy iets kan doen omtrent hoe jy voel.