bitterbek se bietsblok











{Oktober 25, 2007}   FYSBOEK

Ja, die euwel se worteltjies het nou ook hulle pad in ons huishouding  ingewurm. Elke dag slaat elke lid van die gesin hul pad in na hy/sy rekenaar, voordat daar nog ordentlik more gesê is. Daar is net een ding van die gedoente wat die hel uit my irriteer. Die saait se naam  is FACEBOOK. F.A.C.E. Dit beteken jou bakkies. Hoekom? Sodat ander mense kan sien of hulle jou herken. Dis die hele blerrie punt. Maar nee, nou dink helfte van die spul hulle is “kreatief” en oulik. Dis hondjies en katjies en karretjies en wat nog als en dan moet jy raai of dit nou  die Jan van der Merwe was wat saam met jou op skool was. Komaan, as jy kreatief wil wees, begin ‘n  blerrie blok!



Skoor says:

Gaan besoek gerus my blog om ‘n idee te kry wat ek van Fysboek dink. Groot pot snot, daardie onkreatiewe webwerf. En die ergste is al die skape wat volg….

Ingils man, ingils!



hehehe ek stem heeltemal met jou saam. daar’s nog iets wat my ook grensloos irriteer – mense wat foto’s van twee of meer mense op hulle profile pic sit. hoe moet ‘n mens weet wie se profile is dit?!



Jaco says:

Waar kan ek mense ontmoet?



Leave a Reply

et cetera