bitterbek se bietsblok











{Augustus 19, 2007}   Rekenaars en goed

Doos moes ‘n nuwe computer kry. Kom, gryp jou baadjie en soek skuiling agter die naaste bos en bring net asseblief ‘n borrel wyn saam! In al my jare saam die fenomeen, kon hy nog nooit die ding op eerste intrapslag aan die werk kry nie. Nee, dit is ‘n gesukkel van epidermiese proporsies. Wat bedoel was om ‘n verligting te wees, verander opeens in ‘n magtige struikelblok wat my ernstig laat dink oor ‘n lesbiese verhouding.

Want sien, as doos sukkel, dan raak hy uiters gefrustreerd en ons almal loop deur. Veral as jy nou ook rekenaar verwante werk moet doen. En jy is nie rekenaarkundig nie. En hy rammel in tien sekondes af wat jy moet doen met ‘n program wat jy nog nooit van tevore in jou lewe gesien het nie. Dan loop jy deur. Want jy is mos dom.

Maar dis nie die ergste nie. Die f++++n duur, nuwe rekenaar word gestamp en geklap en jy sien al hoe jy die geld baie beter kon spandeer op ‘n nuwe wardrobe!

Jy gooi maar nog ‘n glas en intussen word jou dogtertjie mal in haar kamer. Speel sy is een of ander spy en maak die ondaardste geluide en dit net terwyl jy probeer om te konsentreer om die vrede te handhaaf. Doef! Doef! Whaaaa! Heeee!

Ek weet nie wat sukkel hy so nie. Vat net die bleddie ding terug na die mense wat hom aanmekaargesit het en sê hulle moet sien kom klaar. Dan gaan jy en gaan sit rustig in ‘n restaurant en eet en drink lekker. Maar nee…… hoekom dink jy maak net een sperm dit tot by die eiersel? Want al die ander, tipies man, is te trots om vir aanwysings te vra. Kom ons f+k die ding heeltemal op en dan soek ons hulp!

Van die os op die jas. Het jy al gesien, op meeste prentjies van aliens het hulle net drie vingers. Die duim, voor- en middelvinger. Kyk hoe lyk jou hand as jy die muis vashou !

O donner, doos is besig om sy keyboard te vernietig – ek gaan gou nog bietjie wyn skink!



Katinka says:

Mal oor jou blog. Stem met alles saam, skryf meer gereeld asb!



Katinka says:

Mal oor jou blog. Stem met alles saam. Skryf meer gereeld asb!



oopkop says:

Hoe lekker sit ek nou en giggel. Ek sou ook eerder gedrink het.



rb says:

Hi, ek hou van jou blog.
Ek picture jou al met die glasie amper permanent in die hand. Niks fout daarmee nie, solank jy net deel, ne!!
Gooi bietjie, ekke dors!! hehehe



sonkind says:

Nee man, Doos is eintlik net ‘n halwe doos, want ‘n halwe doos is goed vir niks, nie ‘n hele een nie!



Brakkie says:

Ek weet so goed hoe jy voel. Ek was getroud met ‘n man wat dieselfde trantrums gegooi het. Al verskil is hy weet hoe rekenaars werk. Wens baie ek het meer wyn gedrink. Maar glo my dis al te lekker om sonder daai tantrums te wees nou.



Leave a Reply

et cetera