Oukei – ek het my vorige post oor Afrikaanse musiek en Bok van Blerk en Juanita du Plessis en Gerrie Pretorius en Amor afgehaal, want al is ek ‘n bitch, pla my gewete my as ek persoonlik raak. Punt is – daar is goed wat nie te sleg is nie en dan is daar gemors – en daai gemors beslaan 80% van die mark. Dis net vir my snaaks dat daai 80% die topverkopers is……wag, laat ek ‘n sluk wyn vat….kospryse………….
Waar gaan alles heen, mense? Ek het vandag weer net verstom gestaan toe ek die inhoud van my R700 se rekening op die kombuistafel uitpak. Sap, melk, botter, tamatiepasta, koffie, deodorant, sjower jel, swartsakke, goulash vleis en wilsdnek – (teen R20 ‘n pakkie), waarvan ek slegs twee gekoop het. ‘n Paar herbs. Wat wel duur was, was doos se wyne – R87,00 vir ‘n Raka Shiraz en R99,00 vir ‘n Saxenburg Shiraz – maar liewe genade – R700!!! Dis absurd!
Wat moet ons deesdae eet om ons begrotings te laat klop? Bully beef, tuna, maalvleis, chicken livers??? Eiers???? Asseblief. Ek soek hulp. Kan enige iemand wat met minder as ‘n duisend rand ‘n week vir kos en drinkgoed klaarkom en ten minste ordentlik eet, asseblief vir my hulle spyskaart gee? Ek kan nie meer nie, korporaal !

hmm
ek dink jy is heeltemal te negatief. wat, tewens, kwalifiseer as gemors? is daar iets soos ‘n standaard om mee te begin?
Ek moet erken dat jy ‘n naam of twee noem wat my nekhare laat regop staan. En ja, hulle skud beslis nie kop oor die totaal op die kasregisterstrokie nie. Tog is daar ‘n mark vir hulle produk. Ek gaan die nuutste Chris C gaan luister om te besluit of dit die moeite werd is. Ek hou van dit wat hy oor vier oktawe aanvang. Maar as dit nie ommiddelik my aandag hou nie, gaan ek liewer ‘n boksie koop.
Ja, Chris se goed is nou nie juis vir my musikale meesterstukke nie, maar hy het wel sy eie, unieke styl. En jy hou daarvan of nie. Ten minste het hy darem gekom en bietjie aan die doef-doef-fondasies kom skud.
As dit meer geld is wat jy soek, dan moet jy vrede maak met geweldadige oorvloed. Jy is meer geneig om ‘n hoër vibrasie te hê en meer oorvloed aan te trek is jy geld uit die element te los. Nie omdat geld “die wortel van alle kwaad” is nie, maar omdat dit gewoonlik jou vibrasie ontstel.
Afwagting laat ontvangs toe -
Afwagting is ‘n fokus met ‘n vibrasie wat toelaat dat jy ontvang waarop jy gefokus het—en jy verwag dinge, beide dié wat jy wil hê en dié wat jy nie wil hê nie. Meesal skep jy outomaties want jy ontvang waaroor jy dink, of jy dit nou wil hê of nie, maar jy weet deur hoe jy voel of dít wat jy ontvang (skep) is wat jy wil hê. (Waar is jou aandag gefokus?)
Niemand kan keer waarheen jy jou gedagtes lei nie. Daar is geen einde aan die vreugdevolle reise wat jy kan ondervind nie. Enige Iets Wat Jy Jou Kan Voorstel is Joune om te Doen of te Besit – Op die paadjie na jou geluk sal jy alles wat jy wil doen, wees of verlang, ontvang. (Deur ander hul eie reistog toe te laat, laat jy joune toe.)
Sodra jy jouself vra hoekom jy dit wil hê, word die kern van jou begeerte ge-aktiveer. Hoe sterker jou positiewe gevoelens hoe vinniger ontvang jy dit. (Dit is ewe maklik om ‘n kasteel to skep soos dit is ‘n knoop.)