bitterbek se bietsblok











Soms gaan dit so goed in jou huwelik. Als is hunkie dory en die tye van onmin is amper ondenkbaar. Maar tog – êrens in jou agterkop is daar ‘n stemmetjie wat sê: “Jy weet hierdie gaan nie lank hou nie, nè”. Jy maak of jy nie hoor nie. Geniet die oomblikke in totale ontkenning. En dan gebeur dit. Skielik. Sonder waarskuwing.

Iets kleins, iets simpels. Soos jy wat nie lus is vir seks as hy eerste ding in die oggend aan jou “aansitknoppies” kom draai nie. Dan staan jy gou op met die verskoning dat jy eers lus is vir koffie . Jy vat ekstra lank en gaan surf gou eers bietjie op die net en hoop hy kry die boodskap. Jy weet hoe hy gaan reaggeer as jy sê: “Nie nou nie” en jy hoop hierdie is meer subtiel.

Foutjie. Sy eer is gekrenk en jy sal dit ontgeld. Vir weke sê ons net die nodigste, bly uit mekaar se pad en kyk wie kan die hardegatste wees. En nou is die tye van vrede en vreugde ondenkbaar en die stemmetjie hoon kliphard: “Ek het jou mos gesê!”

Kan iemand dalk vir my sê hoe om vir ‘n man op die “regte”manier nee te sê? En kan ek ook net vir mans sê – veral die wat al lank getroud is en seks as vanselfsprekend aanvaar. Al is dit lekker as julle aan ons tieties vat – dis nie die knoppies wat ons breins aanswitch nie.



oopkop says:

Laat weet my tog ook as iemand vir jou die regte antwoord op daai vraag gee.



Dellie says:

Daar’s nie ‘n manier nie! Hulle sal altyd gekrenk voel, maak nie saak WAT jy sê nie.



Bitterbul says:

Hoef jy noodwendig lus te wees vir seks om hom ‘n orgasme te gee? Dis nie altyd nodig vir penetrasie nie. Gebruik bietjie jou mond, hy sal baie dankbaar wees. Of laat hom ‘n dratie kap terwyl hy jou liefkoos…



bitterbek says:

En sê nou jy’s ook nie daai dag lus dáárvoor nie. Jy’t sopas wakker geword van ‘n nagmerrie waar jy ‘n belangrike spiets moet gee, maar jy’t nog niks om aan te trek nie. Jy moet oor ‘n kwartuur op die verhoog stap en jy is nog in ‘n mall besig om ‘n outfit te soek…..jy’s beslis nie dan lus vir speel nie, veral nie as hy aksie verwag na die doenlike knoppiesdraai nie. Hoe sê jy dan ordentlik nee -sonder ‘n scene?



Bitterbul says:

Gee hom ‘n lekker druk en soen, lui sy klok eenmaal, glip uit sy arms uit en sê: Miskien vanaand!



bitterbek says:

mmmm…ek sal dit probeer



Da Mario says:

EK wonder of jy nie jou eie antwoord in hierdie post verskaf het nie? Daar noem jy dit self, jy het dalk ‘n slegte droom gehad, het beperkte tyd, moet dalk dit of dat organise…. die punt is dat as jy ekstra lank gaan koffie maak en voor die computer gaan sit gaan hy sekerlik unhappy wees, daardie dinge is dan vir jou belangriker as hy.
Maar wat van die waarheid? Vertel hom hoekom nie, ek moet stort en hare was en tasse pak en speeches voorberei en het ‘n nagmerrie gehad en whatever…. en dat jy lief is vir hom, dat daar niks fout is met jou gevoel vir HOM nie, dat dit net nie nou die tyd is nie. En as jy belowe om dit later te doen, DOEN dit… moet nooit beloftes maak wat leeg is nie.
En as hy jou respekteer, sal hy dit aanvaar, veral as dit gepaardgaan met ‘n teer soentjie, ‘n liefdevolle smile. Vir baie mans is die belofte van wat kan en gaan gebeur net so wonderlik.

Sekerlik hou jy ook nie daarvan as hy ‘n versoek van jou ignoreer nie of hoe?

By the way, oulike blog! ;)



Oom says:

Noudiedag ‘n grap gelees in HG: Oom se vir jongman ” Jy sal uitvind dat volmaakte geluk bestaan wanneer jy die dag trou.” ‘Rerig Oom??’ “Ja, maar dan sal dit telaat wees”



Maree says:

Ek verstaan hierdie is ‘n BIETSBLOK, maar hoekom sit jy nie soveel energie as wat jy in dié Bietsblok sit in ‘n POSITIEWE VREUGDE-BLOK nie? Begin ‘n VREUGDE-BLOK, dan kan ons almal deelneem!



angelene says:

ons soek nie vreugdeblog, ons soek plek waar ons kan bitch en moan



Leave a Reply

et cetera