bitterbek se bietsblok











{Julie 24, 2007}   Perfeksionisme

Wat is ‘n ander woord vir ‘n perfeksionis? Doos. Vra my. Ek is getroud met een.

Nie dat ek nie lief is vir hom nie, maar hel, soms laaik ek hom net mooi niks. Daai ongenaakbare oë wat jou gedurig skrutiniseer net om te kyk wanneer jy ‘n fout gaan maak. Daai gedurige ongeduld en kritiek as jy die fout maak, want maak, die gaan jy, veral as jy soos ‘n valk dopgehou word.

Wat my die meeste verstom is hulle geloof in hul perfeksionisme. Hulle glo vas dat als wat hulle doen geoorloof en korrek is. Daarby is hulle meesters in blame shifting.

Gooi by die konkoksie iemand wat heeltyd skuldig voel en jy het ‘n wenresep. Veral vir die doos.

Soms kyk ek vir hom as hy langs my lê en slaap en dan dink ek, ag liewe vader, behoed my tog net vir die volgende twintig jaar. Dat ek nie die kussing vat en hom een aand in sy slaap versmoor nie!



Tersia says:

Dis die eerste keer dat ek op jou blog inloer! Baie dankie vir die puik beskrywing oor mans! Dis so waar, ek dink almal van hulle dink net hulleself is altyd reg met alles! Hoe meer perfeksionisties hulle is, hoe meer kritiek lewer hulle!



Wilma says:

Advies oor hoe om iemand wat perfeksionisties is te hanteer? Handige artikels sal waardevol wees.
Baie dankie



bitterbek says:

Vat ‘n kussing, in die nag as hy slaap, dan versmoor jy hom



Oom says:

Ken ‘n bloemin ploert wat vuil skottelgoed oral laat rondstaan en hoop die wat daardeur gepla word sal werkmaak daarvan. Sy lek lepels af, drink sous uit poedingbakkies en is altyd 100% onskuldig. Kan nooit verstaan waarom Doos geirriteerd is nie.



Maree says:

Nou ja Bitterbek,”Daai ongenaakbare oë wat jou gedurig skrutiniseer net om te kyk wanneer jy ‘n fout gaan maak. Daai gedurige ongeduld en kritiek as jy die fout maak,” is as gevolg van DIT wat jy na jou toe aantrek. Die “doos” is presies wat jy het omdat jy dit verwag…Jy weet natuurlik Die Wet van Aantrekkingskrag sê dat dit “waaroor ons dink, dit bring ons tot stand”. Soort soek soort, haat soek haat, liefde soek liefde. Onthou : Wees versigtig wat jy dink, dit word jou woorde;
Wees versigtig wat jy sê, dit word jou aksies;
Wees versigtig wat jy doen, dit word jou gewoontes;
Wees versigtig met jou gewoontes, dit word jou karakter.

Groete, Maree



daleen says:

jammer julle voel so oor “perfeksionisme”
as almal maar bietjie meer perfeksionisme gehad het, was ons land en
volk dalk beter opgevoed en was alles ‘n plesier om te doen.
Perfeksioniste is wonderlike mense ek sal ‘n lang pad met hulle kan
loop, wie wil “sukkel” en “verkeerde” dinge is tog verkeerd!!!!
Dankie vir “perfeksionisme” (ek is ook een – en trots daarop)
ons laat die werksplekke, huis- en land vlot verloop…..
Groetnis



Leave a Reply

et cetera