bitterbek se bietsblok











{Julie 23, 2007}   Aangename kennis

Hallo. Noem my sommer Bitch. Bitch Botha. Ek is nie meer twintig nie, ek het al ‘n liposuction gehad en ek drink te veel wyn. En ek is knorrig – veral die laaste tyd. Miskien het dit iets met die hormone uit te waai.

Nee, dit help nie ek soek verskonings nie. Ek is prikkelbaar, verergerlik, gekwel, gepla, ontstem, verydel, verhinder,belet, gedwarsboom, gekeer, gefnuik, teleurgestel, gesteur en dalk effens versteurd. En ek gaan dit als op hierdie webblog uithaal. Elke liewe dingetjie.

Hier gaan ek skree, skree namens al my medegenote. Watch this space. Ek moet nou eers gaan kosmaak. Ek lyk seker soos ‘n koei, want die eerste ding wat uit my huismense se monde uitkom, as hulle my sien, is: “Mammie, wanneer eet ons?”



idiwidi says:

Hallo. Ek hoop om te blog help met ‘n bietjie jêm vir die bitterbek.

(Vertel ons meer van die liposuction. Dit klink interessant.)



bitterbek says:

Liposuction. Die beste ding wat ek ooit kon doen. Vir die saddlebags, jy weet. Nou moet die love handles ook nog net waai.



Oom says:

Moooo!



Leave a Reply

et cetera