Kyk, ek het nou vir lank genoeg my poze probeer hou oor die aangeleentheid, maar ek kan nie meer nie. As blanke, Afrikaansprekende vrou in die land, KAN EK NIE MEER NIE!!!!Die fok weet, daar is nou carte blanche om als so vinnig moontlik moer toe te wanbestuur!
Wat gaan aan? ‘n Verkaragter en krimineel gaan die leierskap van die ANC oorneem???? En dit voorspel die leierskap van die land! Nee, dôner – hoeveel gaan ons nog toelaat? Komaan, ons voorouers het betaal met lewens, met bloed vir hulle plekkie in die son en nou praat ek nie van politici wat stelsels gebruik het om hulself te versterk nie – ek praat van gewone mense – ons ver ouma en oupagrootjies wat hulle gatte af gewerk het en kinders en ouers verloor het. En dit terwyl hulle besig was om ‘n bydrae te maak tot die land se ekonomie??? Hulle het maar ook net probeer om ‘n regverdige bestaan te maak. En waarvoor? Vir als om deur ‘n piesangrepubliek in die gutters in gery te word? Wat de fok, mense????
Kyk net na kospryse, petrolpryse – dis ‘n sirkus – dit voel vir my asof ons regering in kompetisie met Mugabe is om te sien hoe vinnig hulle ‘n land kan vernietig. Die enigste verskil – daar is nêrens meer om te gaan vir vlugtelinge nie – die see in en dit nie net vir Blankes nie – vir almal!!!!
As inwoner en burger van die land wil en kan ek nie meer ‘n blinde oog vir seker goed gooi nie. En dis nie dat ek diskrimineer nie, maar affirmative action is oral aan die orde van die dag – veral in die regering – imbisiele wat in posisies gestel word en hulle het nie ‘n katse clue wat aangaan nie! _SCARY!!!!!! Sorry as ek ‘n ding by naam noem – dis ‘n gemors en enige iemand wat met my wil stry, is welkom.
Ek is moedeloos, mense, moedeloos. Gaan lees bietjie The Covenant van James Mitchener. Gaan lees oor die geskiedenis van die land en ons rol daarin en dan sien jy hoe ons besig is om als sonder enige teëwoord of aksie net so te aanvaar. Wat het geword van die mens waarvan Winston Churchill van gesê het: Give me a Boer and I will fight a War. Miskien het ons net te gemaklik geraak – daar is alternatiewe – maar wat van die vir wie daar nie alternatiewe soos Engeland, Amerika en Australië is nie, gaan ons maar net hopleoos sit en toekyk hoe als vernietig word? Wat beteken demokrasie dan? Die punt is, ons het die reg tot voortbestaan in die land. Ons het dit verdien – dit het nie in ons generasie se skote geval nie!
Maak nie ‘n fout nie – ek het baie simpatie met die massas mense wat in armoede leef, my probleem is met die regering wat dink dat om in ‘n magsposisie te wees, jou die reg gee om te steel, te bedrieg, te lieg, te verkrag, te moor EN om daarmee weg te kom! Dit is vir my onaanvaarbaar .
